Feestafel se uitsoek-logo: ’n beet met die naam Fees tafel

Feestafel Storie

Gegrond. Liefde. Huis.

Opgedra aan Maritza Kotzé

Opgedra aan Maritza Kotzé – 1

Hierdie boek word opgedra aan

M A R I T Z A K O T Z É

my grootste ondersteuner in alles wat ek altyd aanpak, en kosbare vriendin van 13 jaar.

Jy was die eerste een vir wie ek vertel het van my Feestafel-idee, jy sou die eerste een wees vir wie ek die boek sou wys, ek kon nie wag om jou blydskap oor die boek te beleef nie.

Vir jou gesin, familie en vriendinne was jy ’n Voorbeeld van ’n Godvresende vrou, jy het opgedaag in die lewe al was dit soms moeilik. Liefde en Sagmoedigheid was jou lewenstaal. Ek verlang elke dag na jou en ek is lief vir jou. Rus sag by Jesus se voete, tot ons jou eendag weer ontmoet in ons ewige bestemming.

Jy het altyd gesê dat mens vir mekaar blomme moet gee terwyl ons op Aarde is, en ek en jy het vir mekaar bosse blomme gegee hier op aarde. Jy was ook my proefkonyn vir so baie resepte in die boek, dankie dat jy aan alles geproe het met soveel entoesiasme.

Ek het soveel vrede en die mooiste herinneringe van jou in my Hart.

Lief jou Maritzie “jou Hessie”